"waarheid" deur CHARL DURAND [boodskap #36827] |
Mon, 20 November 2000 00:00 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
waarheid
Charl Durand
dear charl, liewe jesus hier
kan ek met jou
afrikaans praat
sodat jy die stemme wat jy hoor
kan verstaan
bleek in agtermiddag
na hael en blou wolke vervaag
bye sonstraal god
agterlaat
op die wal van emmarentiadam
wag jy dat een of ander engel
soos vis sal opspring en
die waarheid dans
is dit nie als rasioneel
radio ingestel op 'n
frekwensie effens bokant alledaag
hoor jy iemand krakend
want jy't tog nie gedink
die evangelie sou
soos 'n poster aan 'n paal hang
|
|
|
|
Re: "waarheid" deur CHARL DURAND [boodskap #36927 is 'n antwoord op boodskap #36827] |
Tue, 21 November 2000 00:27 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Stef Roux wrote:
> In , @home.com writes:
>> waarheid
>> Charl Durand
>>
>
> Dankie vir die gediggie, Gloudina
> Maar le dit tog nou bietjie vir my
> uit want ek verstaan dit nie.
>
>
Eintlik "verstaan" jy die gedig. Jy dinknet jy verstaan dit nie, want
jy het 'n
hele klomp konsepte in jou kop van
wat 'n gedig nou eintlik moet beteken,
daar gesit deur 'n klomp onderwysers
wat nie vir jou die regte manier geleer
het om met digwerk om te gaan nie.
Lees weer die gedig.
Gloudina
|
|
|